|
|
|
vOLMAAN
Oor die vlaktes peul dit uit - vet en groot en rond. Eers is die skynsel dof, maar namate diT dokerder word, omvou 'n tere sagtheid jou. 'n Mens voel asof jy dit kan koester en laaf na 'n skroeiende somersdag. Die Boesmanland word 'n towerland, namate die sagte maanlig jou saam met die wye vlaktes toevou in haar mantel van sagtheid. Die veraf geblêr van 'n bekommerde ooi oor haar verdwaalde lam en ook soms die geskree van 'n jakkals, maak dit soveel meer bekoorlik. vir 'n hele nag kan jy die koesterende maanskyn geniet terwyl dit van Oos na Wes beweeg - grasieus soos net 'n konigin van al die hemelligame, kan. Wanneer die moreskemering in die Ooste die naderende dag aankondig, sink die maan weg in die Weste, asemrowend en indrukwekkend mooi. 'n Mens staan in verwondering en weet dat daar 'n Skepper is wat troon oor die Heelal - en volmaan is deel van Sy Skepping !
Heilie Reichert
|
|
|