HOME
 
The 7-toed Route
Dino Engravings
Bushmanland foot impressions -and engravings
Pages of Stone
VERNEUKPAN
Dolorite route
Putsonderwater
Bird Viewing   Bird Guide
Rocks and rock art
MAPS /PANS
LEGENDS
Kenhardt Accommodation
Kenhardt    guest houses
ALIENS

 

             

 

 

                            

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                         vOLMAAN 

                                                             windpomp volmaan.jpg (40615 bytes)

 

Oor die vlaktes peul dit uit - vet en groot en rond.   Eers is die skynsel dof, maar namate diT dokerder word, omvou 'n tere sagtheid jou.  'n Mens voel asof jy dit kan koester en laaf na 'n skroeiende somersdag.

Die Boesmanland word 'n towerland, namate die sagte maanlig jou saam met die wye vlaktes toevou in haar mantel van sagtheid.  

Die veraf geblêr van 'n bekommerde ooi oor haar verdwaalde lam en ook soms die geskree van 'n jakkals, maak dit soveel meer bekoorlik. 

vir 'n hele nag kan jy die koesterende maanskyn geniet terwyl dit van Oos na Wes beweeg - grasieus soos net 'n konigin van al die hemelligame, kan.

Wanneer die moreskemering in die Ooste die naderende dag aankondig, sink die maan weg in die Weste, asemrowend en indrukwekkend mooi.

'n Mens staan in verwondering en weet dat daar 'n Skepper is wat troon oor die Heelal - en volmaan is deel van Sy Skepping !

 

Heilie Reichert               

                             HOME

                                               

 
AFRIKAANS
 

i lofliet vi Hom

Boesmanlandse Christus fees

Boesmanland se klippe roep !!
Putsonderwat lag
Reen in die Boesmanland
Reen in die Boesmanland
Van Kenhardt af na Verneukpan en terug !
Bmanland blom
Vloed van 1941