|
|
|
So 90 km van Kenhardt lê die wonderlike pan van ons. As jy eers by hom is, raak jy so betower dat jy nie wil weg nie. Ek praat nou van die Winters maande ! Hy roep jou, betower jou en verneuk jou. Jy kan nie ophou kyk na wat nou eintlik hier voor jou aangaan nie. Het jy al Cambell se stand in die Lug sien hang ? Het jy al 'n vliegtuig gesien wat nie 'n vliegtuig is nie, maar twee bossies ? Of 'n ou ossewa wat toe maar eintlik net 'n volstruiseier is wat op die pan lê - of een wat heen en weer oor die pan gewaai word, soos hy wil . Weet jy, met die uitloop aan die Oose kant , dat die Weste wind die water op die pan, teen Campbell se Stand kan vaskeer, of dat die wind die water sommer net eenvoudig rondwaai soos hy wil ? Weet jy dat 'n stofstorm op die pan, glattie lekker is nie !? Weet jy van verdwaal op die pan ? - dis nie speletjies nie ! 'n Verlatenheid pak jou beet as jy net so effens van Campbell se baan ry . Jy kom liewer weer gou terug op die baan. Dat jy nie eintlik weet wat jy sien, voor jy nie gesien het nie? Dat jy wonder - nou waar is die groot pan nou rêrig? Want ammekaar lyk dit dan soos sy einde die , maar nog is dit het einde niet . Dan draai jy regs by die pad, wat dwars oor die pan gaan en 'n paar km verder kom jy by die dorp wat nog nooit 'n dorp was nie. Zwart Kop", soos sy naam op die toebedeelde erwe se kaart van 1876 staan. Dan hoor jy van die 100 erwe wat daar verkoop is op die hoop van 'n dam. Sekuur uitgemeet. Erwe van 300 morg groot, wat uitgegee is en dat Zwart Kop se naam van die swart doleriet kop daar naby kom. ( Vandag se landmeters kan jou ook vertel dat daardie kaart so te sê perfek in tred is met vandag se opmetings. Net so 'n effense verskil met op die grade ) Dan hoor jy dat die Droom nooit bewaarheid is nie. En jy sien nog die liefde vir Zwart Kop by 'n oud skolier,Martha Faul(voor regs), wat eens op 'n tyd daar skool gegaan het.
Sy vertel jou ook wat 'n groot aanpassing dit was toe sy van hierdie plaasskool af moes dorpskool toe kom. Jy hoor van stories van verdwaal op die pan. Die man wat op die ou end een nag, sy bakkie se petrol uitgery het om net die volgende osggend so 'n paar tree van sy huis wakker te word en ook van 'n klein seuntjie wat verdwaal het en dood is op die pan Swart Kop het nooit 'n munisipalitiet of daai soort van goed gehad nie, maar wel 'n skool en 'n winkel en mense woon nog in huisies, meestal van klei gebou. Dis ook hier waar Elias Nel so lekker van kan gesels. Hierdie grootword dae hier in Verneukpan en Zwart Kop se kontrei. Jy draai weer regs oppad terug Kenhardt toe. Jy kom op 'n spesiale plekkie en jy kyk weer terug op Verneukpan. 'n Heimwee vat aan jou hart, want want jy weet nie rêrig wat jy gesien het nie. Soos hy nou lyk, lyk hy dan soos 'n dam blou water. Jy voel effens hartseer hier met die afskeid. Jy dink aan dig, maarr besluit dan liewer op soos iets van der Westhuizen s'n ......Dis 'n lekker ou Pan ! .......... jou verneukbare ding ! Jy hou piekniek daar in die middel van die grootpad en besef jy het amper 200 km gery sonder dat daar 'n voertuig van voor af gekom het. Vir 'n stadsmens - aikona ! Terug by die huis besef jy dat jy tog een van jou drome vervul is. Jy het werklik self op Campbell se baan gery en jy het jou darem nie rêrig laat Verneuk nie. Vanaand kan jy verder wonder - sommer oor die hele kontrei - Hierdie swart doloriet koppietjies ? Hulle moes om 'n rede uit die aarde gekom het. Kon dit wees soos die Woord in Genesis sê dat die fonteine oopgebreek het en hierdie gesteentes toe uitgekom het ? Sou die spore getrap wees toe mens en dier moes weghol voor die Bybelse Vloed? Sou dit hulle spore wees wat in hierdie swart doloriet klip lê. Kan dit moontlik wees? Sou hulle rêrig na die hoogste vastigheid, gevlug het. Is op die swart koppe daar naby, nie ook spore nie? Kan daar ook dalk mens en dinosaurus spore saam lê? Kan hierdie dorpie nie 'n slag uit sy broeikas gehaal word na amper 130 jaar nie ? Met toerisme as medisyne en hierdie 'Boesmanland se Voete Teorie " kan mense seker van armoede en klei huisies verlos word ? Word mense in hierdie omgewing iets ontsê ten koste van 'n ander teorie wat sê hierdie spore storie kan nie wees nie ? Laat ons weet wat jy dink !! |
|
|