REëN IN DIE BOESMANLAND Ek slaan my oë op na bo Na wolke mooi - ek moet net glo- ek ken die land, my Boesmanland Wolke kom -en wolke gaan - my moed's gedaan.
Ek breek my oop - my siel roep luid Na my God verlangend uit Wolke pak - ek skep weer moed My God en Heer is vir my goed Die donder dreun - die druppels val ek weet dit is, gena - dis al
Die reuk van stof en reën so soet Is heil'ge salf vir my gemoed My hande ruk nou self omhoog na die bloue hemelboog
Ek bring Hom eer - my Grote Heer ek juig en lag oor hierdie seën - dat trane loop deur druppels heen !
Elma |
|
|
|