|
| |
PUTZONDERWATER LAG LAASTE
PutZonderwater
laat almal skater !
Waar's jou stasie
Gehasie ?
Jou trein't verdwyn.
Putzonder -
jou son gaan onder !
Putzonder luister
na die gefluister
sy hart pyn
oor die myn
Toerisme lok
Putzonder -
se son's nie onder
hy lig sy kop
Die donder dier
se gravure, hier ?
Putsonder hoor
remme op die spoor
'n trein wat stop
in die dorp
Putzonder -
g'n wonder
jy lag
vir die geslag !
Elma
| |
|