Cell: 082 692 6350
www.bushmanland.co.za
info@bushmanland.co.za
 
Kambro-Kind Guest House Immanuel B&B Museum & Camping Elma’s Self-Catering
  Other Attractions Bookings    

Museum & Camping

Die geskiedenis van Kenhardt, asook inligting van die PHOTO FOSSIL HUNT word aangebied in die OU SENDING KERKIE wat op die wal van die Hartbeesrivier geleŽ is.

Die Sendingkerkie is reeds sedert 1872 (nog voor die amptelike stigting van die NGnSendingkerrk) eers deur eerw. CWH SChroder van Olyvendrift (Upington) en tot 1891 ook deur eerw D C Villiers bedien) 1896 is die NG Sendinggemeente te Kenhardt gestig en is deur eerw. PJ Pienaar bedien.

In hierdie jong Kerkie, het sy na die Anglo Boere Oorlog 1902, slegs 13 lidmate oorgebly.) Sy was gelukkig om later weer 'n volwaardige gemeente te hÍ. Met Ds Christo Alheit as jong leraar, moes hierdie gemeente egter 1972 verskuif. (Dankie aan ds. J L Cilliers , wat hierdie gemeente vanaf 1984 bedien het en nou in die Strand woonagtig is, vir al die navorsing)

Die Rapport Ryers Korps het die kerkie in die tagtigerjare gekoop en begin met 'n museum. Die museum het nooit ten volle gerealiseer nie en vanaf 2000 het vadale haar erg verniel.

God het ons droom, om haar te koop en te restoureer, bewaarheid en sy staan trots daar bo-op die bult op die mooiste erf en kyk af op die Hartbeesrivier.

Kenhardt, as dorp self, met haar pragtige ou huisies, is die oudste dorp in die Laer Oranje gebied en bied met trots hierdie Fees aan.

Hierdie Boesmanlandse Christus Fees, is 'n Fees, enig in sy soort. 'n Fees wat D.V. sal voortduur om te getuig van God se Skeppingswaarhede wat hier in die omgewing op oer oue gesteentes graveer is. Hierdie oer oue gesteentes en gravure getuig dat die Bybel tog waar is.

Ons nooi u om deel te word van ons Fees. Kom loer in, of sÍ hallo per e-pos, gewone pos, of telefonies. Deel asb die lief en leed en staaltjies van u/ en of u voorgeslagte van afgelope 110 jaar van Kenhardt en 'Die Ou Sending Kerkie'.

Die aanvang van die Fees sal D.V. Desember 2006 wees, met'n seremoniŽle opening 10 Desember 2006.

Ons nooi u om te kom kuier en ons Boesmanlandse gasvryheid en omgewing te geniet. Egte Boere Koffie, Braaivleis en Roosterbrood , ander Tradisionele etes en lekkernye is beskikbaar by die Kerkie wat ook nou as informele museum, koffiehoekie en restaurant dien. (Groepe ..kontak ons asb net vroegtydig)

Curio's (wat insluit poskaarte en foto's van Kenhardt) en geestelike leesstof, asook 'n oorskot-versamelaars - item-tafel, is beskikbaar

Uitstappies na besonderse rotsgravure word ook gereŽl.

As well as the Photo Fossil hunt tours

VisiŽle toere is binne die museum deur middel van rekenaar, video's en CD's te sien.

Kampering en ander bekostigbare akkommodasie beskikbaar.

Kontak Elma le Roux/Strauss
Posbus 77
Kenhardt 8900
www.bushmanland.co.za
info@bushmanland.co.za
082 6926 350

 
BRUSSEL STREET, KENHARDT
GPS: S 29°21.021,  E021°09.171

Tel: +27 82 6926 350
info@bushmanland.co.za
   
   
     
 
  Kambro-Kind Guest House | Immanuel B&B | Museum & Camping | Elmaís Self-Catering | Other Attractions | Bookings Copyright © 2013 Louw Roux Bushmanland
Designed and Hosted by: Upington-Online