i LOFLIET VIRIE HERE Here - dasie i lant sosie Boesmalant tie, Soos hierie lant wat U vir ons gegee hettie Want In hierie klippe vannie Groot vloed se tyd lê die spore, Here - van die-wat hier gehollit toe hille innie moellikheit gesit hit.
Mit hierie Boesmanland se terie, Here lykie bo'jaan s'n soos vere, Here Ons willie soos hy lykie, Here Mar liewerste na U, Here.
Ons sê nou dankie Here vir hierie groot gedagtenis nou kan onse kinners ook weet U't ons glattie vegeet !
Elma HOME |
|
|
|