|
|
|
HARTRBEES RIVIER IN VLOED- JANUARIE 1941 (Stuur asb. enige inligting van Kenhardt aan info@bushmanland.co.za) Die afgelope maand het huidige en oud inwoders my so 'n bietjie verfris met die gebeure van '41 se vloed. Dankie Gert Bruwer - vir al die interessanthede. Ja - hy onthou nog die Sondagoggend baie goed. Pa wou nie juis na die waarskuwing luister dat daar 'n vloed aan die kom is nie . "Die water sal nooit so hoog kom nie' - was sy kommentaar. Maar toe hulle so opkyk aan die ontbyt tafel en sien daar kom 'n stroom water en pa sê daar kom 'n 'wal water' bo-op die ander een, het ma net vir pa beveel om 'n emmer te gryp en so het hulle hoër op na die vliegveld se kant, gevlug. Gelukkig was die smous ook daar in die Rooiblok en oom Henzen (wat meer gereed was) het vroeër al heelwat gebruiksartikels op sy lorrietjie gelaai. So is daar goed geeët aan broodmeelpap en 'Lyle's Golden Syrup'. Water is in tregtervorm opgevang met die seiltjie in pa se 'bou' emmer. Trane was daar genoeg. Mense moes toekyk hoe die huisies inmekaar val en hoe klerekaste, tafels en stoele opskiet en wegdryf met die bruin vloed water. 'n Tragiese storie was die van die swart kat. Verheug was die tannie om te sien die kat skiet bo-op die stoel te sien, maar gou het sy besef sy lewe is van korte duur. Die Rooiblok het geen verbinding met die buitewereld gehad nie. Drie dae na die vloed, vra Eerwaarde Steenkamp, 'n vrywilliger om saam met hom deur die rivier te swem. Al ou wat kans gesien het, was Piet van Rooy, 'n kleurling konstabel, wat langs die Oranje Rivier grootgeword het en wat kon swem.(Swem was verseker nie as sport aangebied) Verheug was hulle om te sien dat daar geen ongevalle, (behalwe die swart kat ), was nie. Maar dan onthou Gert Bruwer ook die humor. Tente en kos is per vliegtuig afgegooi, maar dink jou in wat sê 'n ou oom van tent opslaan in diep modder ! Blikkieskos is ook 'n bietjie hoog in die lug gelos - bars toe oop met die met die val slag ! Die gebeure was baie erg, veral vir die Sub A kinders (Gert se klas) - toe net 7 dae in die skool. Ook die koshuis en ander geboue het inmekaar gesak en kinders moes privaat loseer (Was seker nie spyt daaroor nie) Ergste van alles - paar dae later , 'n soortgelyke vloed !! So kan Jan Jordaan, Nellie Bezuidenhout, Stef du Toit en ander inwonders jou baie vertel - presies hoe waar en wanneer watter damme gebreek het.
|
|
|