HOME
 
The 7-toed Route
Dino Engravings
Bushmanland foot impressions -and engravings
Pages of Stone
VERNEUKPAN
Dolorite route
Putsonderwater
Bird Viewing   Bird Guide
Rocks and rock art
MAPS /PANS
LEGENDS
Kenhardt Accommodation
Kenhardt    guest houses
ALIENS

 

             

 

 

                            

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

         DIE KLIPPE ROEP DIT UIT !

Ja , die klippe roep dit uit, omdat mense swyg  as gevolg van  teorieë wat hulle bind !

  Baie jare gelede het daar 'n mens in  hierdie Boesmanland en ook in die hele Suidelike  deel van  Afrika geloop. Hy was nie gebind aan  teorieë nie..  Hy het net gesien wat hy gesien het.   Hy het ook geweet hier was  iemand wat hierdie aarde gemaak het.

  Hy het hier in die Boesmanland gestap en gewonder  waar sou hy vandaan kom.   En skielik,  op ‘n dag, kom hy op bewyse af. Hier lę spore  wat soos syne lyk  -" 'in rots getrap toe dit nog sag  was 'Maar dit moes ‘n reus wees  met so ‘n  spoor waarin sy voet amper twee keer kon  pas ?  Wat is  ook  hierdie ronde spore dan wat lyk soos die van ‘n leeu s'n?  Dit het dan sewe tone ?   Watter dier sou vir hierdie Groot Skepper so  volmaak gewees  het dat Hy hom  sewe  tone gegee  het.?  Wat is hierdie ander soort van   V – en U – vormige mens spore ? 

 Hierdie Skeppingsverhaal  moet aangeteken word !   Op hierdie  heilige ‘geboorteplek’ van die mens  en dier,  word daar  nou  woes  na spore gesoek.  Hy endoseer hulle netjies met sy gravure !  En daardie aand brand die vure hoog.

 Met sy griffel  in die hand, op hierdie swerwers pad, teken hy hierdie wonderlike verhaal op spesiale plekke aan. Die sewe toon kat- en die ses toon mens spoor en sommer nog van die wat soos die oer diere ook lyk,  sommer net so verweer, soos hulle daar in die rots lę.  Die ander moet sy storie reg lees !

Hierdie mense wil  ook  so graag meer weet van  hulle  herkoms. Wie kan  hul  tog  verel?  Hy doen sy danse  en drink  sy  medisyne.  Hy  word weggevoer oor berge en  vlaktes en  teken nog  ervarings  by die voetafdrukke  in die rotse aan. Hy kontak sy voorvaders, maar weet hulle ręrig ?  Kyk, hier's dan glad 'n hand afdruk ook. In  hierdie Pikswart ysterklip? !  Hoe  kon   dit wees ? Hy sien die voet van die Groot   Voël van lank gelede. Die groot sterk oerdiere se spoor lę mos ook daar by die sewe toon koppie !

 Hy stap die pad van die Boesmanland, vandag.  Die Somerson en Winterkou  teen murg en been.  Die kaiingklip is ongenadig warm -  winterswindjie yskoud.

   k/hai!  k/khoe ! xha !  wat 'n wonderlike dag - hier lę ook spore.  Warm is nie meer warm nie en koud nie meer koud.  Die Boesmanland raak sy plek, sy oer ou voorvader se 'geboorte rotse' is vir hom heilig.

Die  Boesmanlander van vandag  kyk  ook maar net op sy Boesmanland se manier  na die natuur.   Met sy hoed op sy kop,  kom  hy ook eendag op hierdie sewe toon en ander  verskynsels in die rots af.  Hy wonder oor die  Khoi/san  gravure  daarby.  Hy  herken ook die  mensagtige voet- en handafdrukke -  en sowaar!      Dis amper sy grootte !!   Hy sien ook die voetspore van oerdiere in die gesteentes.   Sy eenvoudige Boesmanlandse verstand  sę vir hom dat iemand hierdie  hierdie oer diere en spore gesien het en met sy gravure bevestig het.  

Die  oer oue rots begin  nou  ook sy storie  vertel.  Die Boesmanlander luister  na  wat  hierdie rots tog van  sy  Skepping wil vertel.  Hy luister aandagtig  en  hoor en  en sien en verstaan dat die  Groot Skepper ook vir hom  en die diere van die begin af gemaak het .  Volgens  die spore besef hy  dat mensagtiges en reuse oer diere eens op ‘n tyd saam  gevlug het  vir  'n  Groot  Vloed .

  Hy sien Genesis ontvou in die Boesmanland. Hy wens hy kon  vir hierdie eerste mense van Afrika  meer van hul Skepper vertel.

 

Elma                          HOME 

AFRIKAANS
 

i lofliet vi Hom

Boesmanlandse Christus fees

Boesmanland se klippe roep !!
Putsonderwat lag
Reen in die Boesmanland
Reen in die Boesmanland
Van Kenhardt af na Verneukpan en terug !
Bmanland blom
Vloed van 1941