054 6510022                                                   KENHARDT
                                                                                                                                          0826926350                                                        BUSHMANLAND                                                                                                                     
info@bushmanland.co.za                                                 SOUTH AFRICA                            P O Box 77 Kenhardt 8900 
 
 
AFRIKAANS
HOME        
 Private info Office
Contact us  Kenhardt  Accommodation Northern Cape South Africa:        
 Kambro_Kind g/h Bushmanland  s/c   Kenhardt G/h  Asjas S/c
Kenhardt Guest Houses
Elma's Accommodation Kenhardt
Guest book               History of kenhardt    Geology                Wisdom                 Creation       
'Voice of thunder' Pages of stone"   Legends        Attractions           Tours  
1.  7 -toed route           2.  dolerite route 3.Verneukpan 4.Putsonderwater 
Engravings:     Dinosaurs                  extinct animals             Aliens ?
Human/ape like  dinosuars
 extinct animal ?
 The Comparison 
 PANS                 QUIVER QTREE Forest &  Hiking trail
BIRD VIEWING Rooibergdam  
PROPERTY FOR SALE
 Elma.le Roux  
                           
  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

                                    

THE HISTORY OF KENHARDT

                                                                          

 

  The old photo gallery 

 Kenhardt,  the oldest town  in the lower Orange Region,  was 'born' under a Camel thorn tree in 1868.    It is not known for certain where the name of this small town, 110 South from Upington, originated from.  Being  known as 'Kenhardt's place'.  According to Richard Kenhardt from Cape Town, his mother told him that his father's  great grand  uncle lived in the region  in the late 1860's. 

Kenhardt is known for dorper sheep farming, beautiful landscape , quiver tree forest  and unique khoi/san engravings on dolerite and gneiss. 

Kenhardt is situated in the heartland of engravings.  The  /Xam San personality,  /Han=kass'o,  who was in prison  in Cape  Town for capable homicide, lived in the aea  until  1869. Information on the /Xam was documented by Wilhelm Bleek and Lucy Lloyd, while he was in the' BREEKWATER' PRISON.

Hand and foot prints are common in rock art.  During the year 2000, while exploiting a  less  known engravings site, a legend   of the 'first people of Africa unfolded on ancient rock face. 

  'Legend tells that the  ancestor of the ancient people, a giant, as well as animal, came out of the ground while the rocks were still soft and that these footprints are still to be seen'

OPSOMMING VAN GESKIEDENIS VAN KENHARDT (Mnr WA Burger)

Namate die vee van die Hollandse Oos-Indiese Kompanje en die Vry Burgers aangegroei het, moes dit, veral in tye van droogte, al dieper die land ingestuur word .  Boere is gewaarsku om nie op ver afgeleë plekke hul vee te laat wei nie.  Maar tog het hul die natuur trotseer.

In die eerste 50 jaar na 1680, vind die uitbreiding  Noordwaarts plaas, maar kom tot stilstand in Calvinia omgewing weens 'n tekort aan water.  Kenhardt  en omgewing is eers 1847 by die kolonie ingelyf. 

Die omgewing is as gevolg beskryf:  " Dit moes 'n baie mooier landstreek gewees het as tans.  Byna alle reisigers wat hierdie dele  in die ou tyd besoek het, sowel as die oudste inwoners van ons distrik, stem saam dat die velde baie meer ruig was:  grasvelde het soos  graanland daaruit gesien:  riet het die walle van die Hartebeesrivier en die Groot Rietrivier  toegegroei en dit het gewemel van die wild.  In 1779 is dit tot 'Oranje' verdoop deur Robert Jacob Gordon.  " Hier had ek die skoonste en mees buiten gewone gesig op al my reise, want met een oogopslag het ek in 'n halwe sirkel gesien:  12 kameelperde, in die 50 olifante, 5 renosters, 'n trop van 50 volstruise, 'n trop van 13 koedoes, 'n trop sebras en terselfdertyd seekoeie in die rivier daar onder wat besig was om te swem en saam te speel"   (Akwarelle, Jon Schumacher)

Oom Swiegers aan Cummings:  "You this morning behold only one flat covered with springbucks, but I give you my word that I have ridden a long day's journey over a succession of flats covered with them as far as the eye can see, as thick as sheep standing in a fold"

Maar ook droogte:  In 1805 het Christiaan Albrecht dit self beleef en beskryf in sy dagverhaal:     " In deeze vlakte welke het land der Boschjes mannen genaamd werd, is even zo weinig wei als waater voor't vee.......  Ene akelige woestein als deeze vind men, geloof ik, op de gehele aardbode

geren en dorsten........  en zyn in gedurig  gevaar om van wildgedierten verscheurd te worden".  (Kerkbode Julie 1937)

 

Die area het 'n goeie wegkruip plek vir misdadigers geword.  Boere was dit wel hier gewaag het, het teenstand van die 'Boschjes mannen' gekry en probleme moes opgelos word. Louis  Anthing 1863 is eerste  magistraat in die omgewing    "Kenhardt' - the name which is generally known in these parts and which is marked on the map will sufficiently descriptive of the spot"  

Ïn een van sy briewe doen hy aan die hand dat die te stigte distrik na die naam van die geëerde                  Kol Sekr RW Rawson vernoem word, maar hy beveel die plek langs die Hartbeesrivier waar hy in sy vrye ure , drie deurlose geboutjies laat opmessel het, aan as die setel van die nuwe distrik.   Hy spel die naam van die plek Kenhardt en voeg daaraan toe dat dit 'n welbekende naam is wat is wat reeds in 1862 op die kaart verskyn.  Die naam meen hy, is  - "sufficiently descriptive of the spot en maklik om uit te spreek,   " Although a present I am unacquainted with the signification or derivation of the word."

Selfs Nichoson, al smous vir ses jaar in die omgewing, het nie die oorsprong van die naam geweet nie.

**Dr R Retief beweer in sy rapport aan die Administrasie in 1949 dat JG Wolhuter, 'n kenner van die ou geskiedenis, van mening was dat die naam afkomstig is van 'n offisier wat in die ou dae  (1866) hier gestasioneer was

 (Dr DJ Steenkampe meen dis 'n vergissing, aangesien daar geen sodanige offisier in die Britse leërlyste (army lists) of in die polisierekords verskyn nie en die  oorsprong van die naam reeds 1862 al vergete was.)

**(Ons verwys nou hier  nou na Karl und Gudrun Klänhardt van Duitsland en Richard en Gillian  Kenhardt van Houtbaai, se navorsing)

Dan is daar nog gissings oor 'Kinnear'  - later 'Kinnaar'gword en  'Ken Haar'  , maar nie een  naam kan bevesig word  nie.

Magistraat Maximiliaan Jackson bereik  'Kenhardt op 27 Desember 1868  om die Korana opstand te onderdruk.  Hy vind hier twee geboutjies:  een aan die voet van die hewuwel oos van die brandvlei pad waar dit die dorp binnekom, en die ander 'n een vertrek geboutjie - die polisie kantoor oos van die huidige NG kerkgebou.   As ons die verblyf van Anthing in 1862 buite rekening laat, kan ons hierdie datum 27 Desember 1868 as die geboortedatum van die dorp Kenhardt beskou.  Geeneen van die geboutjies bestaan nog vandag nie.  Die laaste een, die ou aanklagkantoor, is 'n paar jaar gelede gesloop om plek te maak vir die nuwe polisie geboue.

Die manskappe moes kamp opslaan by die ou Kameeldoring boom in huidig Gibbon sraat.  Die eerste helfte van die geboutjie onder die bult is as graan en meelskuur gebruik.  Die ander deel het Jackson as winkel gebruik.Die geisoleerde gemeenskap se behoeftes is op baie eenvoudige wyse vervul.  Water moes aangedra of in rolvate aangevoer - eers uit 'gorras'in die rivier en later uit putte op die wal van die rivier of die 'Bordputs" van die Dorpsbestuur.   Langs die rivier was mooi tuine;   die water daarvoor is met wippe uit die private putte langs die rivier gehaal.  Rankgoed was volop en tot 1940 het daar nog 'n paar moerbeibome gestaan.   Twee dadelpalms hou vandag nog wag oor die plek waar eertyds Mnr Voskule se tuine was. (Tuine het met  1941 se vloed  weggespoel)

"Kommunikasie met die buitewereld is onderhou deur die pos wat een keer weekliks van Hutchinsonstasie of  De Aar gehaal moes word;  dit is afgelewer in die winkel van mnr.  Voskule en later in 'n kamertjie aan die óu tronk' (tans die munisipale skure)  Nicolaas Lourens was een van die  posdrywers.

1897 word die eerste biblioteek opgerig.

Water vir die dorp is later van 'n boorgat verkry, wat op die plek waar die 'Border Scouts' gedurende die oorlog, 'n ou fontein (die Cypher) vir water gegrawe het.   

''n Opgaardammetjie is sowat 800 jaarts laer af langs die Driekop-rivier gebou en hier in is die water deur 'n enjin (by die boorgat) gepomp.  Hiervandaan is die water in drieduim-pype na die plein in die dorp aangelê  waar dit vir die publiek by 'n gemeenskaplike kraan naas die Unie-boom beskikbaar was.   Wie wou, kon op eie koste hiervandaan pype na sy erf toe aanlê.  Die kraan  bestaan nog (1955), maar die boom wat as aandenking op 31 Mei 1910 daar geplant was, is deur onwetende tennisspelers verwyder.  Die skema is onderneem deur Kol HL van der Westhuizen en het 1000.00 pond gekos.

1892 word die Afdelingsraad van Kenhardt in die lewe geroep.1933 

1898 word daar begin met die bou van die Rooiberdam - 

1933 - herbou

1897 telgrafiese verbinding oor Upington tot stand gekom.

1904 kom John Loxton, die dorp binne met die eerste motor.

1929 - Malcolm Campbell maak aanspraak op wereld rekord     

1937 Die eerste vliegtuig, bestuur deur FH Solomon,  en wat 'n belangstelling

Further Attractions

Dutch Reformed Church 1907

Old Anglican Church 1923

Old missionary Church 1896 (Oldest building in town)

Anglo Boer War monument

Old library 1897

                                  HOME

 

                                  

 

 

 

 

 

                      

       

BOESMANLAND     Makie sakie
'i lofliet virrie Here'
 Die klippe roep
Die Kokerboom blom
Reën in Boesmanland
Volmaan !(Heilie)
Na Verneukpan en Zwart Kop
Die Sak rivier loop
Putzonderwater lag!  
Die vloed van '41 
BOEKE:
So vlak lê die gisters.
Fluitwiel
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
              
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
        Acknowledgements:   Our Lord and Creator and every one involved