D I E
K O K E R B O O M B L O M
Winters middag - rus en vree
wonderlike dag - ek
lag
Vergete die pyn - van 'n baba klein
skape wat
vreet - my blaartjies fyn
Hoog teen
die wind -
kan niemand my vind -
my blomme
prag vertoon met mag
Nooientjies boom
meisietjies boom - dwergie
boom
of die naam van die
geleerde
oom
maar hier is ek net-
die
KOKERBOOM
Ek sprei my uit - ek lag,
ek troon -
ek blom
hier voort -
ongeskoord ....
die windjie sny -
ek hou hul
vas
ek wil nie los -
my blomme bos.
My krag word min - ek klou verbeet ,
my blomme val ,,,,,, soos jare al
ek veeg 'n traan
......
ek is gedaan
Ek ken die pad wat die wind nou stap
Hy ruk my oop - my pitte val
in bos en dal
My blare krimp - die winter knou-
hy kry sy hou ......
Dan
voel ek aan -
die Somer kom -
die donder grom -
die water rol - my tenk word
vol .
my tak stoot
uit , 'n blomme pruik
ek sien so uit
dat die Winter kom
EN EK WEER BLOM !
Elma
HOME
|