|
|
|
KAMBRO-KIND, KENHARDT HISTORY/GESKIEDENIS
Dis die jaar 2000. ‘Toerisme’ in Kenhardt was skaars ‘n woord. Wat nog te se’ ‘n besigheid.
Toe ons ‘n hoop klippe voor die ou geboutjie laat aflaai om ‘n natuurtuin te maak, vra iemand “ Wat gaan julle met die klomp klippe maak wanneer julle toemaak?’ Ons se:…’ ‘Dan los ons hulle maar hier’.
Die klippe is nog hier. Die ‘ Besigheidjie ‘ het verskuif en verander. Die ‘ Boesmanland Gastehuis waaraan Elana so hard gewerk het, het ook van gedaante verander.
Ja en so graag wou ons tog vir Kenhardt op die ‘ Kaart’ sit. Ons wou so graag ‘n gebou in die Hoofstraat he’ om net ‘n bietjie vir die verbygangers te vertel wat ons omgewing bied, maar ons finansies was maar effens. Die Hoofstraat huis- idée was taboe met hierdie finansiele state.
Elana gaan werk in Kakamas om tog net ‘n bietjie nader aan Jan te wees en so kon sy toe ‘n salarisstrokie vir die bank toon en in 2002, Mr Brinkhaus se huis daar in die Hoofstraat , teen ‘n toe volgens meeste inwoners ,‘ hopeloos-te-veel- vir- ‘n- huis-in-Kenhardt- prys , koop. Ons het met volle geloof begin en dank ons Vader elke dag daarvoor..
Ons het nooit hierdie juweel van ‘n huis se historiese waarde besef nie. Nou staan sy hier in die Hoofstraat en roep haar gaste. Die gaste hou van haar ontspanne admosfeer en eenvoud.
Maar waar het ‘ KAMBRO-KIND GASTEHUIS’ haar naam gekry en wat is haar geskiedenis?
Hennie Malan, die laaste einaar, by wie Elana die huis gekoop het, kon ons vertel dat Gerald Brinkhaus, die winkelier, daar gewoon het. 1939 was dit sommer nog die middelpunt van belangstelling in daardie omgewing. Die tennisbane was regoor die huis. (Die ‘Fancy dress’ foto’s is deur Daan van der Westhuizen van Panorama aan ons gestuur) Kambro-Kind is daar iewers op die agtergrond. Piet Goosen het ook daar gewoon, asook die ou Kenhardt Vleis Ko-op se bestuurders
Hennie en Martie Malan het die huis by Oom Andrew du Toit…Steph du Toit, se pa gekoop. (Steph het ons eendag mooi uitgewys waar sy duiwehokke was)
Ja…en die naam?
‘n Indiese Lektor, wat Afrikaans aan die KZN se Universiteit gee, skakel ons i v m ou huise en kerke en ja, vertel ons hom… hier het iewers in die sestigerjare ‘n skrywer gewoon . FA VENTER…en dankie vir die idée van ‘KAMBRO-KIND’….dis ‘n pragtige naam vir hierdie pragtige gebou.
Ons se’ gedurig dankie aan Ons Hemelse Vader vir hierdie deur wat HY vir ons oopgemaak het. Ons hoef nie onder ander nasies te gaan werk nie. Die nasies kom by ons aan en so bedien ons hierdie ‘Boesmanlandse Skeppingswaarheid’ met poskaarte en foto’s,( soms op ‘n egte Boesmanland se Engels).
‘n Persoonlike hoogtepunt gedurende hierdie 6 jaar in die Hoofstraat, was die Franse vrou wat volgens haar, atteisties grootgeword het. Nadat ons sommer net lekker gesels het, word sy stil en se’ dat sy ook nou die Bybel gaan lees.
Boesmanlandse Groete
Elma en Elana
Jan en Elana woon op Styerkraal. Het twee dogtertjies: Eljani en Mia |
|
|